Ai, die lewe is nie regverdig nie!

Wag, laat ek verduidelik. So ‘n rukkie gelede adverteer die skool waar ek was ‘n pos vir ‘n onderwyser. Nee, ek is nie ‘n gekwalifiseerde onderwyser nie. Maar, die pos is in die rekenaar laboratorium, en ek dink nogal ek sal dit kan handle. Stuur toe maar my cv, meer uit nuuskierigheid as enigiets anders.

Skaars 5 minute later lui my foon. Die skoolhoof! Hy stel actually regtig belang, die feit dat ek geensins die regte kwalifikasie het nie ten spyt. Verduidelik hy toe dat dit nie ‘n permanente betrekking is nie, maar slegs vir 2 kwartale, aangesien die huidige onderwyseres met kraamverlof gaan. OK, goed, dan laat ons dit daar, dis nie die moeite werd om te bedank uit ‘n permanente pos vir ‘n tydelike ding nie. Reg?

Vanoggend lui my foon weer… Jip, dis reg, weer Mnr die skoolhoof. Hy soek nogsteeds iemand, mind you, 2 iemande, want nog ‘n onderwyseres het bedank.  En na 2 maande stel hy nogsteeds belang. Maar dis nogsteeds net tydelik…

Aan die up-side: die skool is skaars 5 blokke van die huis af, dus gaan ek nie meer R1000 se brandstof in ‘n maand uit ry nie. Daar is ook nie parkering probleme soos hier in die stad nie, spaar my nog R300 elke maand. Plus, dan is ek middae by die kinders, en spaar naskoolgelde, en so aan. En natuurlik, dan het ek dalk meer tyd vir swot…

Aan die down-side: dis net vir 6 maande, met geen waarborg dat dit verleng gaan word nie, want dis ‘n beheerliggaam pos. As dit nie verleng word nie, dan soek ek weer werk in Januarie… en werk is hoeka so volop hier in sonnige SA… Maar sê nou die huidige onnie besluit om te bedank en dit kan langer raak?

Wat sou jy doen? Asseblief, help!