Grote Griet Gert! kan jy glo, daar’s dit alweeeeer Vrydag! Nee, ek is nie ondankbaar nie, raak net erg bekommerd oor die hoeveelheid werk wat ek moet doen en die hoeveelheid tyd tot my beskikking.
Ek het eers begin dink ek moet sommer ‘n week se verlof vat, en net by die huis bly en als doen wat ek nooit by uitkom nie, omdat ‘n mens doodeenvoudig te veel hardloop, toe kom ek met ‘n skok agter dat dit nog net omtrent 6 weke is voor ek vir amper ‘n maand met studieverlof gaan!Die ergste deel hiervan is dat ek nog 10 werksopdragte moet ingee voor ek die eerste eksamenvraestel skryf! So, hou vas, Liefie, ons is in vir ‘n rowwe ride!
More oggend, voor die hoenders (of ek in elk geval!) behoorlik wakker is, speel die Bulls teen die Highlanders, genadiglik nie in die ‘House of Pain nie, maar in Palmerston North, wat redelike neutrale territory is. Gaan groot, my Bulletjies, ons weet julle kan! Die manne wat weet (of is dit dink hulle weet?) reken dat die Bulls dit sal doen, met iets tussen 3 en 10 punte. Manne, ons het bonuspunte broodnodig, seblieftoggie… just a thought!
Hierdie week het my smile amper geen keer gehad nie! Na amper 2 jaar van blog het ek eventually ‘n comment van ‘n Regte Egte Groot naam in blogland gekry! Dankie Emil, jy het my dag gemaak! Moet erken, ek het nooit ooit in die lewe verwag dat ek lesers van jou kaliber kan hê nie. (o ja, Da Mario het ook al eenkeer gecomment… lank lank gelede…). So, wat ek wil sê, as jy hier kuier, sê asseblieftog hello, want soos Wenchy sal sê: om hier te kuier en nie hallo te sê nie is soos om by my deur in te loop, my koffie te drink, en te loop sonder om dankie te sê, Not Proper…
Geniet die naweek, Gaan groot, en Onthou tog seblief om more aand van 20:30 tot 21:30 aan Voluntary Loadshedding deel te neem, jy doen dit afterall vir jou voete!
March 27, 2009 at 11:26 am
/me was hier…
March 31, 2009 at 6:40 pm
Ehm, hoe bedoel mevrou dan nou: “o ja, Da Mario het ook al eenkeer gecomment… lank lank gelede…” so net na groot geeste?
April 2, 2009 at 1:33 pm
Whahahaha, ja Krista!
Oops, ek het skoon vergeet om die ‘moeder van alle bloggers’ te noem, aanvaar asb my nederige verskoning!
Krista, BB en Jaco het darem ook al hier hallo gesê… maar genade mens, julle is ‘my soort mense’, die dat ek skoon vergeet om dankie te sê….
April 3, 2009 at 9:19 am
Hi, ek is darem naastenby nie so groot nie, maar ek loer darem ook gereeld, net lui met die comments!