WOW! Ek kan nie glo dit kan al 2 jaar wees nie!

Sodra ek my stupid server convince het, sit ek ‘n moewiese groot verjaardagkoek hier…

GROOT FOTO

VAN BDAYKOEK…

(gebruik verbeelding vir nou, okay? ;) !

Dankie vir elke een van julle wat al hier ingeloer het, kommentaar gelos het, en saam gekuier het! Ek waardeer elke liewe een van julle! Ek gaan nie weer enige iemand uitsonder nie, want ek vergeet mense, en dan is ek in die moeilikheid…

Hoop jy het ‘n lekker dag, mag die beste span (BULLE!!!!) vandag wen, en mag julle almal ‘n voorspoedige naweek hê!

My boet verjaar ook vandag. Boet, Baie Geluk met jou verjaardag! Mag jy ‘n heerlike dag hê, ons sien uit na ‘n goeie B&C by daai braai vanaand!