Toe ek vrydag by die huis kom, hang die voordeur wawyd oop…

Eerste gedagte: Het liefie dan nou ook vroeg weggeloop by die kantoor? Toe: die gedagte “maar ek het daai deur se sleutel, hy die ander een…” WTF???

Stap toe maar stadig die oop deur binne… loer om die hoekie in die sitkamer in…. Ag FOK Nee! Sien net drade hang waar die TV moet wees… DVD speler en Videomasjien, o ja, EN PLAYSTATION lê alte mooi op hopies gepak op die bank, reg om weggedra te word. CD rak vol cd’s (omtrent 400 van hulle!) staan in die eetkamer, langs die deur…

Loer om die ander deur, in die kombuis in… Zero naaimasjiene….

Toe draai ek maar om en gaan sit op die stoep! Eerlikwaar, die gedagte dat daar dalk nog iemand in die huis kan wees, het nie eens by my opgekom nie. As ek nou daaroor dink, kry ek skoon die bewerasies!

Verdomp, dit maak my soooo kwaad!

So sit ons toe van iewers-voor-5 af tot lank na 7 vir die polisie en wag… kan die deur nie toemaak nie, want die hele slot is in sy maai… so much vir VEILIGHEIDSDEURE!

Saterdag, na ‘n groot gewik-en-weeg toe maar besluit om tog after all die SSSB-bloggers-kuier in Centurion te gaan bywoon, of die voordeur nou met draad toegebind is of te not.
Dit was ‘n heerlike uitstappie, dink dit het my die wêreld se goed gedoen. Dit was vreeslik lekker om al die ou gesiggies weer te sien, en ‘n paar nuwes by te ontmoet. Sharon, baie dankie vir al jou moeite, dit was heerlik!

Oppad huistoe, gee Anel toe vir die rooikopkind die mooiste lappop! Baie Baie dankies vriendin! jy’s ‘n engel. Die rooikop slaap al van saterdagaand af saam met die pop, en poppie (wat Anel gedoop is!) gaan absoluut orals saam, selfs sondagmore in die kerkbanke gesit!

Ek sou bittergraag vir julle ‘n paar fotos wou wys, maar, aangesien ek nou nie ‘n rekenaar by die huis het nie, en die stupid server by die werk nie wil prentjies plak nie, sal julle ongelukkig maar verbeelding moet gebruik.

Hoop jou naweek was beter as myne!

Gaan stem groot seblief tog Woensdag. Nie alleen is dit jou demokratiese reg nie, maar dis ook jou demokratiese verantwoordelikheid! en moet nou tog nie vir my daai sopstorie vertel van jou een ou stemmetjie wat nie ‘n verskil gaan maak nie, want daai storie stink, en jy weet dit so goed soos ek. And that’s all I am going to say about that.

Geniet die afdag woensdag, NADAT jy gestem het.

Tot later,
j