Inderdaad, uiteraard!

Dit gaan doller as kopaf hier, en dis op ‘n rustige dag!

My pa is alweer in die hospitaal, met longontsteking! Hy lyk al vir ‘n hele rukkie vir my nie baie wel nie, is kortasem en so aan… eers reken die dok dis hartversaking, en vanoggend is hy weer opgeneem in die hospitaal, alweer longontsteking! Ten minste weet ons nou wat makeer.

Intussen wag ek nou al amper twee weke vir die versekering om te kom kyk na my huisinhoud en my te vertel hoe ver ek onderverseker is… Kyk, ek twyfel gladnie dat dit is wat hulle gaan sê nie, dis net ‘n kwessie van hoeveel… Die assessor kom maandag, en nou soek hy by my bewyse dat ek die goed gehad het wat ek eis! Forcryinginafreakinbucket, soos Jaco sal sê! waar op dees aarde moet ek kwitansies kry vir ‘n tv wat ek 11 jaar gelede gekoop het? en vir ‘n kamera wat al ‘n jaar of wat uit sy waarborgtyd is, en vir ‘n rekenaar wat ons stukkie vir stukkie self aanmekaar gesit het? Enige voorstelle?

Dis frustrerend, om die minste daarvan te sê! Try jy nou om een paaiement nie te betaal nie, dan sien jy hoe vinnig hulle jou opskroef… maar, vra nou jou goed terug!

In elk geval, laat ek nie te veel moan nie. More is vrydag… Wat my na ‘n ander vraag lei: Is vandag nou dinsdag omdat gister maandag was, of is dit woensdag omdat die kalender so beweer, of is dit donderdag omdat more vrydag is???

Punt is, more, wat donderdag of vrydag is, gaan ek met verlof, tot die 2de Junie! Uhmmm… lekker, ja, maar dis  Studieverlof! 4 eksamens om te skryf tussen nou en die 2de Junie… en nog 3 werkopdragte tussenin. Maar nee, ek kla nie, want ten minste hoef ek nie spitsverkeer verder as die skool en terug aan te pak nie.

O ja, en dan gaan ek nog Thabazimbi wildsfees toe die naweek, voor die groot leer begin… Lekkerrrrrr! Jare gelede, toe ons nog kinners was, het my ouma en oupa daar gebly, en ons het vir ‘n reel wintervakansies daar gekuier, en nooit ooit die wildsfees gemis nie. Bring goeie ou memories terug!

Hoop jy het ‘n lekker week sover, dat jy jou  nie dood werk in hierdie ‘Produktiviteitsmaand’ van April nie, en dat jy ‘n fees het elke liewe dag!

Tot later,

J