June 2009


Vir die van julle wat gevra het, dit gaan baie beter met my Pa, dankie. Hy is gister na 3 weke uit die hospitaal ontslaan. Die angiogram verlede week het gewys dat sy hart niks makeer nie, dus neem die dokter aan die baie water was as gevolg van die longe. Die fisioterapeut sê sy het nie verwag dat hy lewendig uit daai hospitaal sou kom nie.
Andersins gaan dit heel goed met my, vir ‘n slag, al voel dit of daar die hele jaar niks gebeur het nie, en alles wat moes gebeur toe in een maand ingesqueeze is…

Growing kids maak klaar hierdie week, volgende week sal ek julle als hiervan vertel…

Hoop jou maandag is nie te blou nie!

Tot later,
J

Tyd om weer ‘n slag die spinnerakke af te stof, die vloer te vee en al my blogger-maatjies in te nooi!

Welkom, welkom! Die ‘vakansie’ is verby, al die eksamens is geskryf (oor presies hoe suksesvol swyg ekke soos die graf!) en dis tyd om weer te begin lewe kry… (Darem goed om te weet dat my ou bloggie darem nognie die prys wen vir die heel meeste afgeskeep nie, en dat die blog-weeshuis nognie op my stoep staan om die arme mishandelde bloggie weg te dra nie…LOL!)

Die laaste maand in my lewe was maar effens aan die deurmekaar kant. Om vinnig op te som:

Die eerste naweek van my verlof was ons Thabazimbi wildsfees toe. Dit was sooooo nice! Die rooikopkind is so mal oor die stilte en voel soveel veiliger daar as hier in Gauteng, dat sy sommer vroeg-vroeg sondagmore al begin plannetjies beraam het hoe om my te oortuig om net daar te bly! (as die liewe kind maar geweet het hoe graag ek sou wou instem…)

Die week voor ek met verlof gegaan het is my pa in die hospitaal opgeneem met longontsteking, en toe blykbaar hartversaking ook.

Gedurende die naweek wat ons weg was, en terwyl pa nog in die hospitaal is, is my ma se ‘aanneem-suster’ oorlede. ‘n hengse groot deurmekaarspul daai, want niemand is presies seker wat gebeur het nie. Maar dit daar gelaat.

Pa is die woensdag middag uit die hospitaal ontslaan, en Daleen is die donderdag begrawe. Sop en broodjies na die begrafnis by my huis, want ouma het nie spasie nie, en ma sien nie kans met pa wat siek is en als nie.

Toe begin die groot swot (‘n hele week later as beplan!!!) Drie eksamens in 3dae! wat op dees aarde het ek gedink toe ek die 3 vakke geregistreer het?!?!

Die dag wat ek die eerste vraestel moet skryf is my pa weer opgeneem… en die dag daarna ontslaan… wat de duiwel het die dokter gedink!!! Uit intensief, in die saal in, en uit die hospitaal als op DIESELFDE dag!

Die laaste van die eksamens was ‘n RILLER, en as ek daai een deur is, is dit bewys dat wonderwerke wel nog gebeur. Maar dis okay, ek sal oorleef…

Verlede woensdag is pa weer in die hospitaal opgeneem, vir die 3de keer in 3 weke, sommer direk ICU toe… Woensdagaand plaas die dokter hom oor na Eugene Marais hospitaal se Kardio ICU, omdat sy dink hy het ‘n hartaanval gehad. Gelukkig was dit nie die geval nie, en gelukkig het sy hom na ‘n beter hospitaal gestuur… teen 9uur woensdagaand bel die hospitaal. hy het heeltemal opgehou asemhaal, en hulle sit hom op die ventilator!

Dis nou ‘n week en 2 dae later… Pa is nogsteeds aan die ventilator gekoppel, maar hulle is besig om hom te ’speen’ en hopelik sal hy teen die einde van die naweek van die ding af wees. As hy nou net ‘onthou’ om asem te haal as hy slaap!

Daar het jy dit, die laaste maand in my lewe in kort… Enige vrae oor hoekom ek so moeg is?

Gelukkig kom hubby vandag huistoe (hy was vir die week naby Bloemfontein iewers vir werk). Hopelik kan als dan na ‘normaal’ terugkeer, of ten minste iets wat ‘normaal’ resemble.

Geniet jou naweek, hopelik gaan dit teen volgende week beter!

Toodles,

J