Ek voel sooo skuldig, ek weet ek was verkeerd. Ek is soooo jammer dat ek jou so verskriklik afskeep! Jy sien, die lewe raak net soms so ‘n bietjie te vinnig vir my.

2009 was nie die beste jaar wat ek al beleef het nie. Daar het ‘n ongelooflike klomp regtig goor goeters gebeur hierdie jaar, en alhoewel ek weet dit is nie ‘n verskoning nie, wil ek tog vra dat jy dit in gedagte moet hou en probeer om nie te kwaad vir my te wees nie.

Soos jy seker nie weet nie (hoe sal jy ook, ek het jou dan nie gesĂȘ nie) begin die eksamens alweer volgende week. Teen die tyd weet jy darem seker ook al van die hol kol op my maag wanneer die bleddie pers jakarandabome pers komberse oral in Pretoria oopgooi? Weet jy? Onthou jy?

Dis regtig nie dat ek nie met jou wil praat nie, dis rerig net dat my lewe so ‘n klein bietjie vir my weghardloop soms.

Ek hoop regtig dat jy my sal kan vergewe, en ek belowe regtig dat ek sal probeer om jou nie meer so vreeslik af te skeep nie.

Hoop jy verstaan…

Ekke xxx