Goeiemore, goeiemiddag, goeienaand, Voorspoedige nuwejaar, gelukkige vaaltyn, enjoy die Paasnaweek, hoop nie jy kry te koud in die winter nie, Jippee die Lente is hier, geniet jou vakansie, en Merry Christmas… Als op een dag, net vir incase ek nie kans kry later nie… die lewe is besig om teen 100myl per uur te beweeg, en ek hol nog teen 5 miles a fort nite! As iemand weet waar die “pause” knoppie is, stuur GPS koordinate seblief, ek gaan nie hierdie jaar maak teen hierdie spoed nie!

Maar okay, genoeg gekla. Gaan dit goed? Hoe was jou vakansie?

Sien, die saak staan so:

Ekke wil bittergraag hierdie graad waarmee ek nou al ad infinitum besig is, klaarkry, maar heelaas het die Finansiële Bestuur-dosent dit nie reggekry om genoeg wyse woorde in my eksamenantwoordstel bymekaar te skraap om my poging suksesvol te maak nie… Okay, oraait, dan doen ons maar ‘n ander module ne.Genadiglik vir my (ek wonder oor daai een, om eerlik te wes!) besluit Unisa toe darem dat aangesien dit die laaste ou moduletjie is, en aangesien hulle nou al hoe lank geldjies uit my maak, en aangesien hulle die plekkie wat ek opneem vir ‘n presently overadvantaged student nodig het, hulle my nog ‘n kansie sal gee, MITS ekke ‘n hengse groot werkopdrag teen volgende vrydag kan inhandig en actually deurkom… hou duime vas…

Geniet jou dag, tot ons weer gesels!

 

Advertisement