Uncategorized


Ek voel sooo skuldig, ek weet ek was verkeerd. Ek is soooo jammer dat ek jou so verskriklik afskeep! Jy sien, die lewe raak net soms so ‘n bietjie te vinnig vir my.

2009 was nie die beste jaar wat ek al beleef het nie. Daar het ‘n ongelooflike klomp regtig goor goeters gebeur hierdie jaar, en alhoewel ek weet dit is nie ‘n verskoning nie, wil ek tog vra dat jy dit in gedagte moet hou en probeer om nie te kwaad vir my te wees nie.

Soos jy seker nie weet nie (hoe sal jy ook, ek het jou dan nie gesê nie) begin die eksamens alweer volgende week. Teen die tyd weet jy darem seker ook al van die hol kol op my maag wanneer die bleddie pers jakarandabome pers komberse oral in Pretoria oopgooi? Weet jy? Onthou jy?

Dis regtig nie dat ek nie met jou wil praat nie, dis rerig net dat my lewe so ‘n klein bietjie vir my weghardloop soms.

Ek hoop regtig dat jy my sal kan vergewe, en ek belowe regtig dat ek sal probeer om jou nie meer so vreeslik af te skeep nie.

Hoop jy verstaan…

Ekke xxx

Deesdae dink ek nogal baie oor hierdie een…

If Today Was Your Last Day – Nickleback

Songwriters: Kroeger, Chad;

My best friend gave me the best advice

He said each day’s a gift and not a given right

Leave no stone unturned, leave your fears behind

And try to take the path less traveled by

That first step you take is the longest stride

If today was your last day and tomorrow was too late

Could you say goodbye to yesterday?

Would you live each moment like your last

Leave old pictures in the past?

Donate every dime you had, if today was your last day?

What if, what if, if today was your last day?

Against the grain should be a way of life

What’s worth the price is always worth the fight

Every second counts ’cause there’s no second try

So live like you’re never living twice

Don’t take the free ride in your own life

If today was your last day and tomorrow was too late

Could you say goodbye to yesterday?

Would you live each moment like your last?

Leave old pictures in the past?

Donate every dime you had?

And would you call those friends you never see?

Reminisce old memories?

Would you forgive your enemies?

And would you find that one you’re dreaming of?

Swear up and down to God above

That you’d finally fall in love if today was your last day

If today was your last day

Would you make your mark by mending a broken heart?

You know it’s never too late to shoot for the stars

Regardless of who you are

So do whatever it takes

‘Cause you can’t rewind a moment in this life

Let nothing stand in your way

‘Cause the hands of time are never on your side

If today was your last day and tomorrow was too late

Could you say goodbye to yesterday?

Would you live each moment like your last?

Leave old pictures in the past?

Donate every dime you had?

And would you call those friends you never see?

Reminisce old memories?

Would you forgive your enemies?

And would you find that one you’re dreaming of

Swear up and down to God above

That you’d finally fall in love if today was your last day?

Mmm… miskien het ek dit so ‘n bietjie oorskat? dit was toe nie die laaste keer nie, maar glo vir my, een van die dae… nog 16 maande dan’t ek hopenlik die ou graadjie agter die rug, dan koop ek vir my secretary ook blomme ;) (Sy moet net dink hulle gaan deur daai paar arms afgelewer raak nie!

Ewenwel, ek hoop dat julle almal ‘n goeie lentedag, en ‘n lekker sekretaressedag gehad het…

Oor net meer as 8 weke is dit alweer eksamentyd… en kiepie hier het nog BITTERMIN geleer… wish me luck!

As jy tyd het, lus het, of sommer net verveeld is en dit nognie gedoen het nie, gaan kuier seblief hier en voltooi die eerste amptelike afrikaanse blog-sensus en lewer so jou bydrae tot een van my gunsteling bloggers se tesis… kom nou, jy weet jy wil ;) !

Geniet jou dag, more is VRYDAG!!!!

I cut and paste a song…

En wonder in die stilligheid of die een waarvoor dit bedoel is, ooit sou weet…

STUUR VIR MY ‘N FOTO

Stuur vir my ‘n foto

‘n duidelike beeld

Van die plooitjies om jou oë

Onder andere

Maak vir my ‘n afskrif

Van die drome in jou hande

En die skewe, halwe glimlag

Om jou mond

Koor(1):

Probeer ten minste vaspen

‘n bietjie van die aard

Van die dinge wat jy liefhet

En onthou

‘n mens is tog so gou geneig

Om maklik te vergeet

‘n foto keer

dat die tyd verweer

Stuur vir my ‘n foto

‘n duidelike beeld

van die sprokies en die spoke

van jou lyf

En die roering van jou palms

En die hartklop in you are

En jou stiltes en jou lag

En selfs jou huil

Koor(2):

Probeer ten minste vaspen

‘n bietjie van die aard

Van die dinge wat jy liefhet en onthou

Soos ons ernstige woorde

Oor die dinge van belang

Wat nou reeds stom

In gange hang

Stuur vir my ‘n foto

‘n duidelike beeld

Van ‘n plek waar ons al saam was -

Of heen wou gaan

Dalk ‘n horison, ‘n waansin

‘n hawe of ‘n bos

Onthou jy nog hoe ver wou

Ons nog reis?

KOOR(1)

Woorde en Musiek: Dineke Volschenk

Uitgewer: ©Dineke Volschenk

It’s OK To Quit…..” Motivational Speaker – Veraunda Jackson

1. Quit arguing with people about the same old foolishness! Respect their position and keep it moving!

2. Quit telling people your secrets when you know they are not going to keep them! And if you keep telling them, then quit getting mad when they tell your secrets!

3. Quit trying to pull people on your journey who don’t want to travel with you. Either they believe in you and value you…or they don’t!

4. Quit complaining about things you can’t and won’t change! (VERY IMPORTANT!)

5. Quit gossiping about other people! Minding our own business should be a full time job!

6. Quit blaming each other for things that in the big picture aren’t going to matter three weeks from now! Talk solutions…and then implement them!

7. Quit eating things you know are not good for you! If you can’t quit…eat smaller portions!

8. Quit buying things when we know we can’t afford them! If you don’t have self control, then quit going to the stores! Quit charging things, especially when you don’t NEED them!

9. Quit staying in unhealthy relationships! It is not okay for people to verbally or physically abuse you! So quit lying to yourself! It is not okay to stay in the marriage for the children! Ask them and they will tell you that they really would prefer to see you happy and that the misery you and your spouse/partner are living with is affecting them!

10. Quit letting family members rope you into the drama! -Start telling them you don’t want to hear it! Quit spreading the drama! Quit calling other relatives and telling them about your cousin or aunt! Go back to #5 minding your own business should be enough to keep you busy!

11.. Quit trying to change people! IT DOESN’T WORK! Quit cussing people out when you know that they are just being the miserable and jealous people that they are!

12. Quit the job you hate! Start pursuing your passion. Find the job that fuels your passion BEFORE you quit!

13.. Quit volunteering for things that you aren’t getting any personal fulfillment from anymore! Quit volunteering for things and then failing to follow through with your commitment!

14. Quit listening to the naysayers! Quit watching the depressing news if you are going to live in the doom and gloom of it all!

15. Quit making excuses about why you are where you are or why you can’t do what you want to do!

16. Quit waiting on others to give you the answers….and start finding the answers for yourself! If what you are doing isn’t working for you….then quit it!

17. Quit settling and start making your dreams a reality!- Quit being afraid and START LIVING YOUR LIFE! CREATE THE LIFE YOU WANT! If you want something different than what you have had in the past…you must quit doing what you have done before and DO something different! JUST QUIT IT …… and START DOING something to create the experience you want!

Vir die van julle wat gevra het, dit gaan baie beter met my Pa, dankie. Hy is gister na 3 weke uit die hospitaal ontslaan. Die angiogram verlede week het gewys dat sy hart niks makeer nie, dus neem die dokter aan die baie water was as gevolg van die longe. Die fisioterapeut sê sy het nie verwag dat hy lewendig uit daai hospitaal sou kom nie.
Andersins gaan dit heel goed met my, vir ‘n slag, al voel dit of daar die hele jaar niks gebeur het nie, en alles wat moes gebeur toe in een maand ingesqueeze is…

Growing kids maak klaar hierdie week, volgende week sal ek julle als hiervan vertel…

Hoop jou maandag is nie te blou nie!

Tot later,
J

Tyd om weer ‘n slag die spinnerakke af te stof, die vloer te vee en al my blogger-maatjies in te nooi!

Welkom, welkom! Die ‘vakansie’ is verby, al die eksamens is geskryf (oor presies hoe suksesvol swyg ekke soos die graf!) en dis tyd om weer te begin lewe kry… (Darem goed om te weet dat my ou bloggie darem nognie die prys wen vir die heel meeste afgeskeep nie, en dat die blog-weeshuis nognie op my stoep staan om die arme mishandelde bloggie weg te dra nie…LOL!)

Die laaste maand in my lewe was maar effens aan die deurmekaar kant. Om vinnig op te som:

Die eerste naweek van my verlof was ons Thabazimbi wildsfees toe. Dit was sooooo nice! Die rooikopkind is so mal oor die stilte en voel soveel veiliger daar as hier in Gauteng, dat sy sommer vroeg-vroeg sondagmore al begin plannetjies beraam het hoe om my te oortuig om net daar te bly! (as die liewe kind maar geweet het hoe graag ek sou wou instem…)

Die week voor ek met verlof gegaan het is my pa in die hospitaal opgeneem met longontsteking, en toe blykbaar hartversaking ook.

Gedurende die naweek wat ons weg was, en terwyl pa nog in die hospitaal is, is my ma se ‘aanneem-suster’ oorlede. ‘n hengse groot deurmekaarspul daai, want niemand is presies seker wat gebeur het nie. Maar dit daar gelaat.

Pa is die woensdag middag uit die hospitaal ontslaan, en Daleen is die donderdag begrawe. Sop en broodjies na die begrafnis by my huis, want ouma het nie spasie nie, en ma sien nie kans met pa wat siek is en als nie.

Toe begin die groot swot (‘n hele week later as beplan!!!) Drie eksamens in 3dae! wat op dees aarde het ek gedink toe ek die 3 vakke geregistreer het?!?!

Die dag wat ek die eerste vraestel moet skryf is my pa weer opgeneem… en die dag daarna ontslaan… wat de duiwel het die dokter gedink!!! Uit intensief, in die saal in, en uit die hospitaal als op DIESELFDE dag!

Die laaste van die eksamens was ‘n RILLER, en as ek daai een deur is, is dit bewys dat wonderwerke wel nog gebeur. Maar dis okay, ek sal oorleef…

Verlede woensdag is pa weer in die hospitaal opgeneem, vir die 3de keer in 3 weke, sommer direk ICU toe… Woensdagaand plaas die dokter hom oor na Eugene Marais hospitaal se Kardio ICU, omdat sy dink hy het ‘n hartaanval gehad. Gelukkig was dit nie die geval nie, en gelukkig het sy hom na ‘n beter hospitaal gestuur… teen 9uur woensdagaand bel die hospitaal. hy het heeltemal opgehou asemhaal, en hulle sit hom op die ventilator!

Dis nou ‘n week en 2 dae later… Pa is nogsteeds aan die ventilator gekoppel, maar hulle is besig om hom te ’speen’ en hopelik sal hy teen die einde van die naweek van die ding af wees. As hy nou net ‘onthou’ om asem te haal as hy slaap!

Daar het jy dit, die laaste maand in my lewe in kort… Enige vrae oor hoekom ek so moeg is?

Gelukkig kom hubby vandag huistoe (hy was vir die week naby Bloemfontein iewers vir werk). Hopelik kan als dan na ‘normaal’ terugkeer, of ten minste iets wat ‘normaal’ resemble.

Geniet jou naweek, hopelik gaan dit teen volgende week beter!

Toodles,

J

Inderdaad, uiteraard!

Dit gaan doller as kopaf hier, en dis op ‘n rustige dag!

My pa is alweer in die hospitaal, met longontsteking! Hy lyk al vir ‘n hele rukkie vir my nie baie wel nie, is kortasem en so aan… eers reken die dok dis hartversaking, en vanoggend is hy weer opgeneem in die hospitaal, alweer longontsteking! Ten minste weet ons nou wat makeer.

Intussen wag ek nou al amper twee weke vir die versekering om te kom kyk na my huisinhoud en my te vertel hoe ver ek onderverseker is… Kyk, ek twyfel gladnie dat dit is wat hulle gaan sê nie, dis net ‘n kwessie van hoeveel… Die assessor kom maandag, en nou soek hy by my bewyse dat ek die goed gehad het wat ek eis! Forcryinginafreakinbucket, soos Jaco sal sê! waar op dees aarde moet ek kwitansies kry vir ‘n tv wat ek 11 jaar gelede gekoop het? en vir ‘n kamera wat al ‘n jaar of wat uit sy waarborgtyd is, en vir ‘n rekenaar wat ons stukkie vir stukkie self aanmekaar gesit het? Enige voorstelle?

Dis frustrerend, om die minste daarvan te sê! Try jy nou om een paaiement nie te betaal nie, dan sien jy hoe vinnig hulle jou opskroef… maar, vra nou jou goed terug!

In elk geval, laat ek nie te veel moan nie. More is vrydag… Wat my na ‘n ander vraag lei: Is vandag nou dinsdag omdat gister maandag was, of is dit woensdag omdat die kalender so beweer, of is dit donderdag omdat more vrydag is???

Punt is, more, wat donderdag of vrydag is, gaan ek met verlof, tot die 2de Junie! Uhmmm… lekker, ja, maar dis  Studieverlof! 4 eksamens om te skryf tussen nou en die 2de Junie… en nog 3 werkopdragte tussenin. Maar nee, ek kla nie, want ten minste hoef ek nie spitsverkeer verder as die skool en terug aan te pak nie.

O ja, en dan gaan ek nog Thabazimbi wildsfees toe die naweek, voor die groot leer begin… Lekkerrrrrr! Jare gelede, toe ons nog kinners was, het my ouma en oupa daar gebly, en ons het vir ‘n reel wintervakansies daar gekuier, en nooit ooit die wildsfees gemis nie. Bring goeie ou memories terug!

Hoop jy het ‘n lekker week sover, dat jy jou  nie dood werk in hierdie ‘Produktiviteitsmaand’ van April nie, en dat jy ‘n fees het elke liewe dag!

Tot later,

J

A driver is stuck in a traffic jam on the motorway. Nothing is moving.

Suddenly a man knocks on the window. The driver rolls down his window and asks, “What’s going on?”
“Terrorists have kidnapped Mugabe, Jacob Zuma, Jackie Selebi,Thabo Mbeki and Tony Yengeni. They’re asking for a R310 million ransom. Otherwise they’re going to douse them with petrol and set them on fire.
We’re going from car to car, taking up a collection.”
The driver asks, “How much is everyone giving, on average?”

“About a litre.”

Toe ek vrydag by die huis kom, hang die voordeur wawyd oop…

Eerste gedagte: Het liefie dan nou ook vroeg weggeloop by die kantoor? Toe: die gedagte “maar ek het daai deur se sleutel, hy die ander een…” WTF???

Stap toe maar stadig die oop deur binne… loer om die hoekie in die sitkamer in…. Ag FOK Nee! Sien net drade hang waar die TV moet wees… DVD speler en Videomasjien, o ja, EN PLAYSTATION lê alte mooi op hopies gepak op die bank, reg om weggedra te word. CD rak vol cd’s (omtrent 400 van hulle!) staan in die eetkamer, langs die deur…

Loer om die ander deur, in die kombuis in… Zero naaimasjiene….

Toe draai ek maar om en gaan sit op die stoep! Eerlikwaar, die gedagte dat daar dalk nog iemand in die huis kan wees, het nie eens by my opgekom nie. As ek nou daaroor dink, kry ek skoon die bewerasies!

Verdomp, dit maak my soooo kwaad!

So sit ons toe van iewers-voor-5 af tot lank na 7 vir die polisie en wag… kan die deur nie toemaak nie, want die hele slot is in sy maai… so much vir VEILIGHEIDSDEURE!

Saterdag, na ‘n groot gewik-en-weeg toe maar besluit om tog after all die SSSB-bloggers-kuier in Centurion te gaan bywoon, of die voordeur nou met draad toegebind is of te not.
Dit was ‘n heerlike uitstappie, dink dit het my die wêreld se goed gedoen. Dit was vreeslik lekker om al die ou gesiggies weer te sien, en ‘n paar nuwes by te ontmoet. Sharon, baie dankie vir al jou moeite, dit was heerlik!

Oppad huistoe, gee Anel toe vir die rooikopkind die mooiste lappop! Baie Baie dankies vriendin! jy’s ‘n engel. Die rooikop slaap al van saterdagaand af saam met die pop, en poppie (wat Anel gedoop is!) gaan absoluut orals saam, selfs sondagmore in die kerkbanke gesit!

Ek sou bittergraag vir julle ‘n paar fotos wou wys, maar, aangesien ek nou nie ‘n rekenaar by die huis het nie, en die stupid server by die werk nie wil prentjies plak nie, sal julle ongelukkig maar verbeelding moet gebruik.

Hoop jou naweek was beter as myne!

Gaan stem groot seblief tog Woensdag. Nie alleen is dit jou demokratiese reg nie, maar dis ook jou demokratiese verantwoordelikheid! en moet nou tog nie vir my daai sopstorie vertel van jou een ou stemmetjie wat nie ‘n verskil gaan maak nie, want daai storie stink, en jy weet dit so goed soos ek. And that’s all I am going to say about that.

Geniet die afdag woensdag, NADAT jy gestem het.

Tot later,
j

Next Page »