WOW! Ek kan nie glo dit kan al 2 jaar wees nie!

Sodra ek my stupid server convince het, sit ek ‘n moewiese groot verjaardagkoek hier…

GROOT FOTO

VAN BDAYKOEK…

(gebruik verbeelding vir nou, okay? ;) !

Dankie vir elke een van julle wat al hier ingeloer het, kommentaar gelos het, en saam gekuier het! Ek waardeer elke liewe een van julle! Ek gaan nie weer enige iemand uitsonder nie, want ek vergeet mense, en dan is ek in die moeilikheid…

Hoop jy het ‘n lekker dag, mag die beste span (BULLE!!!!) vandag wen, en mag julle almal ‘n voorspoedige naweek hê!

My boet verjaar ook vandag. Boet, Baie Geluk met jou verjaardag! Mag jy ‘n heerlike dag hê, ons sien uit na ‘n goeie B&C by daai braai vanaand!

Dis nie elke dag dat ‘n ou so ‘n handige stukkie advies so presies op die regte tyd kry nie. Die van julle wat see toe gaan, ek deel graag, since ek dit nie self gaan gebruik nie…

How to survive a shark attack

1: Don’t swim in the ocean.

Ninety-nine percent of all shark attacks take place in exceptionally

Large bodies of water also known as oceans.

The way to determine if you are currently in an ocean is to taste the

water, which should be salty.

2: Listen out for the music.

In the event that you are foolish enough to swim in an ocean, listen

carefully for the music, as demonstrated in the marvelous documentary

film Jaws. All shark attacks are preceded by the “daah-da, daah-da”

chords, which will gradually become more rapid as the shark gets closer.

This is due to the Doppler Effect.

3: Swim with fat people.

Try to surround yourself with more appetizing companions.

If you know them well, you might even try to switch their suntan lotion

with A-1 Steak Sauce. This will definitely improve your odds.

4: Don`t go into the water without a knife.

This is not to defend yourself but to stab the person (a.k.a the decoy)

closest to you in the case of a shark attack. Once you are sure the

“decoy” is bleeding profusely…..swim for your freekin life.

And finaly…..

5: Don`t panic.

In the event that a shark actually bites you, try to remain calm. This

really won`t help you survive, but everyone else on the beach will

appreciate you not shrieking madly, as this is quite unsettling and can

really spoil a wonderful day out!  Remember it’s not always about you …!


Geniet jou naweek, gaan groot of gaan huistoe!

Verlede naweek se earth-hour was soveel pret, ek doen dit sommer uit my eie weer more aand. Pikkie het hoeka so ‘n nice idee vir tydverdryf…

Ek het baie dringend ander werk nodig, rerig! Voorstelle oor hoe op aarde ek dit reg kan kry om by die huis te bly en kinders groot te maak is uit die aard van die saak ook welkom…
Hoop jou dinsdag is beter as myne!
Ek voel siek, soek my bed…

Grote Griet Gert! kan jy glo, daar’s dit alweeeeer Vrydag! Nee, ek is nie ondankbaar nie, raak net erg bekommerd oor die hoeveelheid werk wat ek moet doen en die hoeveelheid tyd tot my beskikking.

Ek het eers begin dink ek moet sommer ‘n week se verlof vat, en net by die huis bly en als doen wat ek nooit by uitkom nie, omdat ‘n mens doodeenvoudig te veel hardloop, toe kom ek met ‘n skok agter dat dit nog net omtrent 6 weke is voor ek vir amper ‘n maand met studieverlof gaan!Die ergste deel hiervan is dat ek nog 10 werksopdragte moet ingee voor ek die eerste eksamenvraestel skryf! So, hou vas, Liefie, ons is in vir ‘n rowwe ride!

More oggend, voor die hoenders (of ek in elk geval!) behoorlik wakker is, speel die Bulls teen die Highlanders, genadiglik nie in die ‘House of Pain nie, maar in Palmerston North, wat redelike neutrale territory is. Gaan groot, my Bulletjies, ons weet julle kan! Die manne wat weet (of is dit dink hulle weet?) reken dat die Bulls dit sal doen, met iets tussen 3 en 10 punte. Manne, ons het bonuspunte broodnodig, seblieftoggie… just a thought!

Hierdie week het my smile amper geen keer gehad nie! Na amper 2 jaar van blog het ek eventually ‘n comment van ‘n Regte Egte Groot naam in blogland gekry! Dankie Emil, jy het my dag gemaak! Moet erken, ek het nooit ooit in die lewe verwag dat ek lesers van jou kaliber kan hê nie. (o ja, Da Mario het ook al eenkeer gecomment… lank lank gelede…). So, wat ek wil sê, as jy hier kuier, sê asseblieftog hello, want soos Wenchy sal sê: om hier te kuier en nie hallo te sê nie is soos om by my deur in te loop, my koffie te drink, en te loop sonder om dankie te sê, Not Proper

Geniet die naweek, Gaan groot, en Onthou tog seblief om more aand van 20:30 tot 21:30 aan Voluntary Loadshedding deel te neem, jy doen dit afterall vir jou voete!

Aiaiai! Wat ‘n way om ‘n naweek te begin! Toe ek vanoggend ‘n hele 100 minute in spitsverkeer sit om 8km ver te ry, het ek begin dink dis dalk ‘n delayed reaksie op Vrydag die 13de.

Maar dit begin lyk asof dit dalk net ‘n goeie dag, en ‘n uiters goeie begin vir ‘n naweek kan raak…

Die Bulls het dit goed gedink om die eerste Super 14 game van die naweek te wen, 19-14 is nou wel nie ‘n astronomiese groot score nie, maar ‘n wen is ‘n wen, en hiermee is ons nogsteeds die ENIGSTE onoorwonne span in die reeks! Viva die Blou!

En op die oomblik val hier ‘n bui reen in Pretoria… Sjoe! Sou graag ‘n foto of twee wou wys, dis unbe-flippen-lievable! Ek kan waar ek hier sit skaars die gebou oorkant die straat sien! Heerlik! Wonder of Nelba nog van daai pannekoeke van gister oorhet?

Hoop jy het ‘n heerlike naweek!

Vandag is die Gypsy se verjaardag!

Baie Geluk met jou verjaardag my dierbare vriendin! Ek hoop dat hierdie nuwe jaar met al sy nuwe avonture vir jou propvol giggel-gelukkige waarword-drome wees!

Genugtig maar tyd vlieg!

Ek weet nie heeltemal wat die scary-ste gedagte is nie: dat dit alweer ‘n week is sederd die troue, die gedagte dat ons alweer in die middel van Maart is, of die feit dat my rooikopkind more oor ‘n maand al VYF word! en dan praat ek nie eens daarvan dat die skool alweer oor minder as 3 weke sluit nie! (Of dat ek 3 werkopdragte moet klaarmaak voor hierdie naweek verby is nie!)

Die troue was pragtig, en vreeeeeslik lekker! Belowe ek sal fotos wys sodra dit arriveer… hou facebook ook dop, die van julle wat daar is.

Ek sou nog sê, BB, baie baie dankies dat jy die groot oomblik van jou CD launch met ons gedeel het, dit was ongelooflik heerlik! en daai cd is voorwaar ‘n wenner… maar dis seker teen nou al ou nuus? As jy nognie jou cd van onse BB gekry het nie: WAARVOOR WAG JY???? Kry jou alie in rat man! Dis beslis die moeite werd. Uhmmm… onthou ek nou skielik dat hubby nog fotos van die geleentheid het… sal later bysit, as ek onthou…

Die troue is nou verby, nou is dit gou-gou ‘n ooievaarstee reel, en dan…. drumroll…. maak ons werk van daai blogbraai… Ekt mos laaankal se lente terug al vir soldaat ‘n braai belowe. As jy in is, laat weet…

Oooooo jaaaa, en dan nog een ding: Ek support Earth Hour… my alie afgesukkel met die stupid banner (net om ‘n hele dag, en ‘n woordeboek vol nuwe woorde later uit te vind dis WordPress se probleem en nie my stupid/idiotiese/beduiwelde/staatsdiens-issue van ‘n server nie!) As jy nognie aangesluit het nie, WAARVOOR WAG JY???? Roer jou! Soos Johan Swarts sê, Doen dit vir jou voete!

More is Vrydag die 13de, dis volmaan, en ….. Dis OKAY!

My muse is op AWOL, stuur vanoggend vroeg ‘n sms om te laat weet hy weet nie of hy weer gaan terugkom nie….

Die negatiewe ‘vibe’, swart aura, noem dit wat jy wil, wat hier in blogwereld rondhang lyk my raak al digter, dikker, meer en meer bewolk, en ek begin wonder of dit ooit weer gaan ophou… En ek raak al meer en meer lus om Orania toe te emigreer… (ander dag se lang storie…)

In die koerante lees ons:

Joost pass ‘n leunverklikkertoets: Hahaha, hulle het seker die regte vrae gevra:

“Ken jy die man in die video? “Ja”

“Ken jou vrou hom?” “Ja”

“waar het jy hom voorheen gesien?” “In die spieel, elke oggend

Die PI (wat ek persoonlik dink ‘n huis vol Bol-lie praat) reken hy het met die betrokkenes gepraat, maar die ‘regte’ betrokkenes ontken dit…

En ek is nie seker of ek hoegenaamd ‘n duit omgee nie! As dit Joost was in daai video? So flippen WHAT?

Dis Donderdag, oor 2 slapies trou my niggie en daar is nog HOPE werk om te doen. My rooikopkind gaan blommemeisie wees, en kan nou letterlik al nie meer wag nie. En tussen dit alles, sit hubby heeeeeeerlik in Hoedspruit vir werk! Ai tog, kan dinge maar nie een keer werk soos ek wil hê dit moet nie?

Life is a beach…

PMS ook…

As ek pms het, voel ek goor, as ek goor voel eet ek, as ek eet, word ek vet, as ek vet word voel ek goor… and the story continues, on and on and on…

Miskien moet ek ook maar die heilige koei nl. Apartheid die skuld gee?

FFS, is dit volmaan? Of is dit dalk net DONDERdag?

Ekt eintlik ‘n hele hoop goed om te vertel, maar ek’s nie in die bui nie, dalk more?

Dankie tog, dis Vrydag!  Net begin dink ek gaan nie hierdie week survive nie!

Baie dankie aan Oom Tito, ons waardeer dit dat jy vir ons so ‘n week se broodgeld in ‘n maand teruggee… ons sien uit na nog! En Nee, ek is NIE ondankbaar nie! Elke bietjie help immers.

Volgende week is Oom Trevor se beurt. Kom ons hoop hy doen sy deel vir die finansiële oorlewing van die volk.

Aan BB, Baie Geluk met jou verjaardag Sondag, mag jy ‘n heerlike bederf-daggie hê!

Ek raak ‘n bietjie bekommerd oor die blogwêreld, wee jy… Dis darem vreeslik stil hierrond.. kompleet soos dit rondom krismis was, toe al wat leef en beef (en blog!) met vakansie verkas het en my alleen hier agtergelos het! (then again, dalk moet ek beter daaroor voel, dis dan after all nie net ekke wat my bloggie afskeep nie, of hoe?)

Overgesetsynde en desnieteenstaande, vergun my die verleentheid om aan elkeen van julle ‘n heerlike naweek toe te wens…

Tot wederom…

« Previous PageNext Page »