Moeilike vraag, waar op dees aarde begin ek?

My naam is Jenny, ek is 33, mamma vir 2 kinnertjies, ‘n seunskind van 8 en ‘n rooikop-meisiekind wat binnekort 4 word.

o ja, en ek’s GLADNIE goed daarmee om oor myself te skryf nie, hierdie is dus ‘n ‘work in progress’…

Edit….

Ek werk voltyds (vir government!) probeer deeltyds swot (B Com Informatika, deur Unisa), probeer kinders grootkry, en al die ander interessante dinge waaruit ‘n ma se lewe mos maar bestaan…

Ek doen naaldwerk, borduur so ‘n bietjie, probeer scrapbooking doen (en verbaas myself meer as gereeld met die resultate) en, ja wel, PROBEER skryf…

DM seg ek moet kiekies bysit… Dan maak ek so…

Hier’s die liggies in my lewe:

kids-comp1.jpg

conrad-comp.jpg       laurika-comp.jpg 

9 Responses to “Wie’s ek…”

  1. Da Mario Says:

    Lol… ek stel voor jy plaas so paar foto’s! ;)

  2. SHARKS Says:

    Geniet jou kinders …. ek geniet myne sommer baie, net jammer hulle word so vinnig groot!!

  3. Adelem Says:

    Dankie vir jou kuier op my blog! Eks bly om te sien ek’s nie die enige vrou wat werk, huis, man, kind (in jou geval, kindERS) en studies probeer juggle nie.
    Sterkte vir jou, kom kuier weer. Ek sit jou op my blogroll en sal gereeld kom loer wat jy op die hart het.
    Groete

  4. patches Says:

    Hy jy!

    Toemaar, ons almal is maar as dit kom oor van onsself te praat maar sku! Daarom het ons altyd so baie te sê oor ons eie klein wonderwerkies.

    Geniet hulle elke sekonde, en ek’s bly jy het om my blog afgekom. Joune lyk great, myne is so klein ek weet nie hoe om die damn ding reg te kry nie, maar nou ja aanhouer wen!!

  5. Ogies Says:

    Het jou comment by Pikkelik raakgelees oor jou seuntjie met Aandag afleibaarheid. My man worstel steeds daarmee en my skoonsus se 13jrge seun het ook die grootste deel van die uitdeel porsie daarvan gekry. Jy is welkom om my te e-mail. Ek kan dalk net bietjie moed inpraat as dit nodig sou word. Manlief swot self ook nog deur unisa (Siviele Ingineurswese), maar is darem amper klaar. Sterkte vir jou swottings!!!

  6. krista Says:

    Jy’t beautiful kiddies! Ek vrek oor rooikoppe!

  7. BB Says:

    Ek ook!! Daai allermooiste meisiekind van jou lyk of sy uit feetjieland ontsnap het!! :razz:

Leave a Reply